Wat is ons doel?

Die doel van NHK Krugersdorp-Oos is gebasseer op Kol. 3: 11(b). “Hier is Christus alles en in almal”

Wat is die kern van ons bediening?

Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika bely in gemeenskap met die kerk van alle eeue ons geloof in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees wat Hom en alles wat vir ons verlossing nodig is duidelik en voldoende deur sy Woord, die Bybel, bekend maak.

Ons belydenis word in die drie ekumeniese belydenisse verwoord, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis genoem na Atanasius; asook in drie Reformatoriese belydenisskrifte, die drie formuliere van eenheid, te wete: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.

Aan wie?

Almal wat deur God in genade uitverkies is en deur die Heilige Gees in Jesus Christus glo, vorm deel van die volk van God en is lede van sy kerk. Verder is alle lidmate gebonde aan die belydenis van die kerk.

Wie is verantwoordelik vir die uitvoer van hierdie bediening?

Predikant

Geroepe dienaars van die Woord word deur die Kerk tot die evangeliebediening toegelaat en in die amp bevestig.
Die voorreg van Woordverkondiging en sakramentsbediening is aan hierdie amp verbonde met die oog op die bewaring en bevordering van die eenheid in Christus.

Ampsdraers

Ouderlinge en diakens is lidmate wat deur die gemeente en daarom deur God sélf geroep is en met gebruikmaking van die toepaslike formulier in die amp bevestig is.

Ouderlinge

Handhaaf die goeie orde in die gemeente deur toe te sien dat die Woord reg en gereeld verkondig word, die sakramente nie ontheilig word nie en die riglyne in die Diensboek gebruik word.
Hou opsig oor die leer en lewe van die predikant. Hou opsig oor die leer en lewe van ampsdraers en lidmate. Doen huisbesoek en missionêre werk by almal wat onder hulle sorg gestel is.

Diakens

Is in die besonder geroep om medegelowiges te versorg wat in siekte en nood verkeer. Vertroos dié wat gehelp en versorg moet word met woorde van bemoediging uit die Woord van God. Bewys barmhartigheid aan almal wat hulpbehoewend is.Is verantwoordelik vir die insameling en besteding van fondse wat vir diakonale diens bestem is. Doen diens by die Nagmaal.

Wat is die verskillende bedieninge in die gemeente?

Erediens

Die erediens is die middelpunt van die gemeentelike lewe.

Verantwoordelike persone:

  • Prediking: Ds. M Kramer /Aflos
  • Musiek: Me. Donna Viljoen en ander
  • Klank en digitale aanbieding: Me. T. Rossouw/ Mnr. Niel Steinmann /Me. Natasha Theunissen 
  • Voorsangers: R. Geldenhuys en R. Mulder en ander.
  • Forumkommitee (Toesig)

Bedieningsruimte

Standplaas en geboue

Verantwoordelike persone:

  • Beplanningskommitee: (soos reeds in werking)
  • Gemeentevergadering – besluitneming oor geboue en terrein
  • Kerkraad – uitvoering van gemeentelike besluite

Administrasie

Enige doeltreffende bediening vereis effektiewe en gekontroleerde administrasie.

Verantwoordelike persone:

  • Kerkraad (gesaghebbende liggaam)
  • Predikant (Voorsitter van Kerkraad): Ds. M. Kramer
  • Skriba: Oudle. Daan Malan en Henry Rebb
  • Sekretariëlebeampte/PA: Me. Tina Rossouw

Finansies

Curabitur vulputate consectetur augue non molestie. Vestibulum scelerisque lorem at libero.

Verantwoordelike persone:

  • Die Kerkraad (besluitnemende liggaam)
  • Die Finansiële komitee (Het nie besluitnemingsbevoegdheid nie en kan slegs aanbevelings aan die kerkraad en die gemeente maak).
  • Die volgende lede maak deel uit van die Finansiële komitee:Oudl. Daan Malan (voorsitter), Ds. Marius Kramer, Me. Tina Rossouw, Oudle. Henry Rebb, Kobus Theunissen, Vasco Nell, Johan Beyers, Johan Snyman, Willie Steyn en diak. Donovan Musgrove
  • Lidmate: Mnr. Cobie Bezuidenhout vorm ook deel van die Finansiële komitee
  • Deurkollekte span bestaan uit Diak. Cathy Wilken, Huibrecht Watson en Rina Jacobs

Nederduitsch Hervormde Kerk
Krugersdorp Oos

26 Gerrit Maritz Ave, Monument, Krugersdorp, 1739

+27 11 954 1350

hallo@nhkkdpo.co.za

Ry Na Ons Toe

Volg Skakel